Ons het die een dag nog gewonder of dit ooit met ons sal kan gebeur en die volgende dag moes ons die vliegtuig klim en ‘n baie ver totsiens sê. Die Here was vir ons goed van die dag dat ons Hom gevra het om ons te lei. God het vir ons deure oopgemaak wat mens nie kan begryp nie en ons sal Hom ewig dankbaar wees daarvoor, want New Zealand is ‘n wonderlike plek.Huidiglik voel ons soos witbroodjies en wil ons nooit onder die hand van God uitbeweeg nie. Baie baie dankie vir almal wat saam met ons gebid het en spesiaal vir ons ma’s wat ons van die begin tot die einde absoluut gedra het in gebed en fisies tot die dag dat ons op daai vliegtuig geklim het, mag die Here julle ook ryklik seën!